Inspiration
André Botha van Sarza vertel van ervaring in Turkye─── 17:28 Mon, 27 Feb 2023
André Botha en die span van Sarza was saam met Gift of the Givers in Turkye om hand by te sit met die reddingspogings ná twee verwoestende aardbewings.
André Botha, 'n lid van die Sarza-reddingspan, het onlangs saam met Gift of the Givers in Turkye gaan hand bysit. Hulle het duisendes gaan help wat vasgevang was in die puin ná die verwoestende aardbewings wat onlangs die land getref het.
Hy vertel OFM meer van hulle ervaring en die goeie stories wat uit die donker tyd 'n lig aan die einde van die tonnel vir baie was.










