On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Inspiration

Sally Aucamp-tehuis enigste in Noord-Kaap

───   09:00 Wed, 26 Apr 2023

Sally Aucamp-tehuis enigste in Noord-Kaap | News Article

Die voorsitter van die Sally Aucamp-tehuis vir gestremdes, Charlé Koegelenberg, sluit aan by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens om te praat oor die behoeftes van hul inwoners en die belangrike rol wat die gemeenskap van Kimberley speel,

Een keer per maand in die OFM Familie Fokus, tydens Living Limitless, plaas ek die fokus op organisasies en individue, wat werk met mense en kinders met gestremdhede in ons streek. Hulle gesels oor hoe hulle die gemeenskap ondersteun. Die voorsitter van die Sally Aucamp-tehuis vir gestremdes, Charlé Koegelenberg, sluit aan by Yolanda.



Die Sally Aucamp-tehuis vir gestremdes in Cassandra, Kimberley, is die enigste tehuis vir fisiek gestremde bejaardes in die Noord-Kaap. Daar is 12 inwoners wat hier versorg word. Die tehuis is in 1960 aanvanklik as ’n kinderhuis gestig, maar moes later na ’n groter perseel verskuif word. Dit het toe die tehuis vir volwasse gestremdes en bejaardes geword.

Sally Aucamp receives donation, image supplied


Vir meer inligting bel matrone Evelyn Brevis by 072-146-9003, of die Sally Aucamp-tehuis se ontvangs by 087-527-0321.

As jy weet van instansies wat werk met kinders en volwassenes wat leef met gestremdhede, stuur gerus 'n epos aan yolandam@ofm.co.za

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.