On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Inspiration

Incanda meubels: hier om te bly

───   13:20 Mon, 15 May 2023

Sponsored13:20 Mon, 15 May 2023
Incanda meubels: hier om te bly | News Article

Incanda Meubels is al ’n bekende naam in die meubelbedryf, en dit is ’n mooi storie hoe hulle dit reggekry het.

Yolanda Maartens het met Gerhard van Deventer, die eienaar van Incanda Meubels, gepraat oor Incanda se beginjare, sy grootste uitdaging in die besigheid, en die toekoms van Incanda.

In 2000 het Gerhard, toe pas afgestudeer, met wildsvelle en leer begin handeldryf.  Toe hy die navraag ontvang of hy nie ook ’n stoffeerder kan aanbeveel wat ’n bank met leer kan oortrek nie, het Gerhard (soos ’n tipiese entrepreneur) geantwoord dat hy sélf die stoffering kan doen.  Gerhard het naarstiglik na iemand begin soek wat hom hiermee kon help, en was gelukkig om sommer dadelik ’n goeie stoffeerder in die hande te kry.  Saam het hulle uit ’n enkel-motorhuis begin meubels oortrek, en die besigheid het vinnig gegroei - na slegs een jaar het hulle ongeveer 20 banke per week vervaardig.

Vandag sien die maatskappy heelwat anders daarna uit en ongeveer 30 banke word per dag vervaardig.  Incanda se produkreeks is nou baie wyer en hulle vervaardig lankal nie meer slegs leerbanke nie.  Die uitgebreide produkreeks sluit ’n verskeidenheid items soos stoele, ottomans en bed-kopstukke in, om slegs ’n paar te noem. Incanda bied ook ’n volledige reeks houtmeubels, insluitende eetkamertafels, bedkassies en lessenaars.  Verder kan hulle dekor-advies gee en verkoop hulle ook ’n reeks dekor-produkte.  Dus is Incanda werklik ’n eenstop-winkel vir al die meubel- en dekor-behoeftes in jou huis.

Incanda het tans 220 werknemers, waarvan die meerderheid in die fabriek in die Paarl werk.  Hulle het ook sewe winkels landswyd, waarvan vyf in die Wes-Kaap is, een elk in Bloemfontein en Pretoria is, en een in Johannesburg.  Die winkels stal uit hoe die meubels in jou huis sal lyk, en hulle professionele verkoopspan kan jou advies gee om die perfekte oplossing vir joú te kry. Die verkoopspan is baie trots op hulle diens, en goeie naverkoopdiens is veral ononderhandelbaar.

Al Incanda se meubels word uit natuurlike materiale gemaak vervaardig. Dit beteken die leer wys nog die skrape en merke soos die dier dit in die veld opgetel het, en die hout wys nog die kwaste.  Dit beteken wel nie dat die produkte se kwaliteit swakker is nie, inteendeel, daar word baie hard gewerk om seker te maak dat elke meubelstuk perfek is.

Om op te som: As jy ’n trots Suid-Afrikaanse ervaring wil hê met alle meubels wat plaaslik vervaardig word en kwaliteit wat aan die hoogste standaarde voldoen, gaan maak by Incanda Meubels ’n draai.  Kom tuis met Incanda.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.