On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Inspiration

Bloemfonteiners leer oor die waarde van betekenisvolle veroudering

───   ELSABÉ DE JAGER 14:32 Fri, 26 May 2023

Bloemfonteiners leer oor die waarde van betekenisvolle veroudering | News Article
Bejaardes word ál ouer en bly ál langer deel van hul gemeenskap. Foto ter illustrasie

“Ons samelewing sal ’n kopskuif moet begin maak rakende veroudering.”

Aan die woord is ds. Jors Reynders, sameroeper van die Gerontologienetwerk van die Vrystaatse NG Sinode in Bloemfontein. Dié netwerk beywer hom vir die betekenisvolle veroudering onder senior volwassenes in die Vrystaatse kerk en samelewing.

Reynders sê die woorde “bejaardes” en “ou mensies” is uitgediende begrippe. Senior volwassenes is vandag baie meer betrokke en aktief in hul gemeenskap as ’n paar dekades gelede. Ontwikkeling op mediese en tegnologiese gebied dra by tot ’n skerp styging in lewensverwagting wêreldwyd.

‘Om die lewe wat dood voorafgaan, betekenisvol te beleef …’

Die kerk vervul ’n belangrike rol in die pastorale bystand aan ouerwordende mense in die gemeenskap. Reynders sê terwyl die kerk hom in die verlede toegespits het op die vraag “is jy gereed vir die dood en daarna?” word die uitgangspunt nou verbreed. Om die lewe wat dood voorafgaan, betekenisvol te beleef, om enduit te leef, kry deesdae meer aandag.


Jaco Hoffman, professor in sosio-gerontologie aan die Noordwes-Universiteit, bied op 8 Junie in samewerking met die Gerontologienetwerk die kursus “’n Onoorwinlike somer!” in die Geloofsentrum Universitas aan.

Reynders sê dit is ’n geleentheid waar jonger sowel as ouer belangstellendes toegerus kan word met raad uit kundige vakgebiede om hulself as senior volwassenes te bemagtig.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.