Inspiration
Feel Good Friday - Dans jou probleme weg!─── 15:08 Fri, 21 Jul 2023
Weens Brexit, Covid-19 en die klimaatkrisis wou die kunstenaar Annie Nicholson 'n ruimte skep waar die publiek ontslae kan raak van hul hartseer en angs.
Nicholson werk saam met The Loss Project, K67 Berlin, en Street Soundsystem om hierdie ambisieuse openbarekunsprojek te verwesenlik. Dit is ’n opgeknapte K67-kiosk wat herinner aan koerantstalletjies, studentekafees en skuilings.
Werkwinels vir meditasie en joga sal hier aangebied word. Daar sal ook dansklasse wees en rousessies waar mense liedjies kan aanvra wat hul herinner aan hul geliefdes. Dit is in Londen se Canary Wharf geleë, maar sal later in die res van Brittanje en Europa toer.
Lees ook: Mia van der Walt, Jané Rautenbach wave the SA flag at World Championships
Nicholson het die idee gekry ná haar ma, suster en haar suster se lewensmaat in ’n helikopterongeluk gesterf het. Haar pa is ’n paar jaar later aan kanker dood. Sy sê as mens hartseer of angstig is, is dit moeilik om vreugde te vind. Om te dans is ’n kragtige manier om jou gevoelens te verwerk.
Die afgelope twee jaar het ons projekte aangebied oor hartseer en geestesgesondheid en het bevind daar is ’n oorweldigende behoefte by mense om fisiek van hule hartseer ontslae te raak, sê Nicholson.
Dans word oor die wêreld heen in rituele by begrafnisse gebruik veral in die Maori- en Jamaika-kulture. "Geïmproviseerde dans – waar jy net beweeg om te wys hoe jy voel – verbeter jou denke en vermoë om probleme op te los," het Nicholson aan The Guardian gesê.
Lees meer: https://www.goodnewsnetwork.org/dance-away-your-tears-with-this-grief-disco-kiosk/
