On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday - 2 000 witrenosters binne dekade hervestig

───   15:34 Fri, 15 Sep 2023

Feel Good Friday - 2 000 witrenosters binne dekade hervestig | News Article
Uitgestalte beeldkrediet: pbs.org

African Parks het die aankoop van die wêreld se grootste bevolking suidelike witrenosters in private besit aangekondig.

Dié niewinsgewende organisasie beplan om die renosters te hervestig in veilige en goed bestuurde beskermde gebiede in Afrika. Die Suid-Afrikaanse renosterteler John Hume (81) het sy 2 000 renosters in April weens finansiële probleme aangebied en dit is Maandag verkoop.

African Parks is ’n private bewaringsorganisasie in Johannesburg wat 22 beskermde gebiede bestuur. Die organisasie het Maandag bevestig dat hy die nuwe eienaar is van die Platinum Rhino-projek wat fokus op die private teling van renosters.

African Parks se doelwit is om die 2 000 renosters en hul toekomstige nageslag (sowat 100 per jaar) oor die volgende dekade te hervestig.

"African Parks wil ’n oplossing vir die renosters vind sodat hulle weer ’n belangrike rol in die ekostelsel kan speel,” sê Peter Fearnhead, uitvoerende hoof. Die omvang van die projek is enorm en skrikwekkend. Maar dit is ook een van die opwindendste strategiese bewaringsgeleenthede. Ons gaan saam met verskillende regerings, befondsingsvennote en bewaringsorganisasies werk wat toegewyd is tot die hervestiging van die renosters, sê hy.

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.