Inspiration
Feel Good Friday – Jessica Wade─── 15:14 Fri, 10 Nov 2023
Ontmoet Jessica Wade 'n vrou wat Wikipedia-biografieë oor vroue en minderheidswetenskaplikes begin skryf het.
Hoeveel vroue is uit die geskiedenisboeke gelaat? Duisende. Dr Jessica Wade, fisikus van die Blackett Laboratory van die Imperial College in Londen, werk hard daaraan om dit reg te stel. Sy het in haar 20’s begin om Wikipedia-biografieë te skryf oor vroue en minderheidswetenskaplikes wat nooit erkenning gekry het nie.
Nou het sy begin om op Sondae vroue van kleur wat topwetenskaplikes is vir groot pryse te benoem. Sy sê dit is skokkend om te sien hoe baie vroue ongelooflike werk doen op die gebied van wetenskap maar nooit krediet daarvoor kry nie.
Sy hoop hiermee sal sy die begeerte vir wetenskap by die volgende generasie aanmoedig. Sy is al deur Buckinghampaleis vir haar werk vereer. Wat gee Wade hoop vir die toekoms? “Ons is ’n groot groep uitgesproke wetenskaplikes wat proaktief probeer om die akademie te verander.”