On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Man koop eiland en vestig 'n nuwe ekostelsel

───   15:15 Fri, 08 Dec 2023

Feel Good Friday – Man koop eiland en vestig 'n nuwe ekostelsel | News Article

"Vir 13 duisend Amerikaanse dollars het die Engelsman Brendon Grimshaw 'n piepklein onbewoonde eiland in die Seychelle gekoop en daarheen verhuis. Toe Grimshaw in sy veertigs was, het hy sy werk as koerantredakteur bedank en 'n nuwe lewe begin.

“Vir $13 000 het Brendon Grimshaw van Yorkshire in Engeland in 1962 die eilandjie Moyenne in die Seychelle gekoop en daarheen verhuis. Toe Grimshaw in sy veertigs was, het hy sy werk as koerantredakteur bedank en ’n nuwe lewe begin.

Die eiland was verlate en niemand het in 50 jaar soontoe gegaan nie. Grimshaw het vriende geword met René Lafortin. een van die vroue in Seycelle. Saam het hulle sy nuwe huis begin toerus. René het net nou en dan die eiland besoek terwyl Brendon dekades alleen op die eiland gewoon en nooit weggegaan het nie.

In 39 jaar het Grimshaw en Lafortin 16 duisend bome met hul eie hande geplant. In 2007 is sy dood en Brendon het alleen op die eiland gebly. 

Op 81-jarige ouderdom het hy 2 000 nuwe voëlspesies na die eiland gelok en meer as honderd reuseskilpaaie ingebring. Danksy Grimshaw se pogings, huisves die eens verlate eiland nou twee derdes van die Seychelle se diereryk.

Die prins van Saoedi-Arabië het Grimshaw $50 miljoen vir die eiland aangebied, maar hy het geweier. “Ek wil nie hê die eiland moet ’n vakansieplek vir die rykes word nie. Dit moet eerder ’n nasionale park bly wat almal kan geniet,” het hy gesê.

Sy droom is verwesenlik en in 2008 is die eiland tot ’n nasionale park verklaar. Hy is op 87-jarige ouderdom dood en is op die eiland begrawe.

Lees meer

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.