On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Seuntjie lees boeke vir mense in versorgingseenheid

───   15:40 Fri, 26 Jan 2024

 Feel Good Friday – Seuntjie lees boeke vir mense in versorgingseenheid | News Article
Foto: www.bbc.com

“hy is ’n regte sonstraal en almal hou baie van hom.”

’n Vyfjarige seun het vreugde vir mense in ’n versorgingseenheid gebring deur sy gunstelingstories vir hulle te lees. Harri lees ná skool vir die inwoners in Pendine Park se Highfield-versorgingseenheid in Wrexham. Sy ma, Laura,  sê dit was sy liefde vir lees wat haar geïnspireer het om hom na die eenheidwaar sy werk te bring.

Harri laat die inwoners se gesig ophelder met sy sonnige geaardheid. Selfs die personeel groet hom sodra hy daar aankom. 

“Hulle ken hom almal en geniet dit om te hoor hoe goed hy vorder met sy lees.”

“Dit is wonderlik. Ek hou daarvan om hulle te laat glimlag en dit is lekker as hulle my help as ek met iets vashaak," sê hy.

Harri se gunstelingboeke is die Biff, Chip en Kipper-reeks. Inwoner Betty Newcombe – een van Harri se nuwe vriende – sê sy besoeke is 'n hoogtepunt in die eenheid.


Die eenheid se bestuurder, Tracey Smith, sê hy is ’n regte sonstraal en almal hou baie van hom. Laura het sedertdien na onderwysers by Harri se skool uitgereik om te reël dat leerlinge die versorgingseenheid besoek.

“Dit is altyd ’n goeie idee om ouer en jonger geslagte bymekaar te bring. Hulle geniet maklik mekaar se geselskap en kan soveel by mekaar leer.”

Lees meer

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.