On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Inspiration

Gevaartekens dat iemand selfmoord oorweeg

───   ZENANDE MPAME 12:08 Tue, 30 Jan 2024

Gevaartekens dat iemand selfmoord oorweeg | News Article
Kry professionele hulp as jy weet van iemand wat selfmoord oorweeg. Foto: iStock.

“Daar is ook faktore wat nie altyd maklik is om te sien nie.”

Vrywaring: Hierdie inhoud is nie 'n plaasvervanger vir professionele hulp nie.

Daar is verskeie gevaarligte wat flikker as iemand daaraan dink om hul eie lewe te neem. Die onlangse dood van ’n familielid of vorige selfmoordpogings kan moontlik ook bydraende faktore wees.

Die individue noem ook soms dat hulle van plan is om hul lewe te beëindig. Die meeste mense wat selfmoord probeer pleeg, kommunikeer eers hul bedoelings deur middel van dade of woorde voordat hulle enige aksie neem. Enige dreigement van selfmoord moet baie ernstig opgeneem word.

Waarskuwingstekens:

  • Gemoedsverandering of langdurige hartseer en depressie.
  • Gevoel van wanhoop.
  • Onlangse trauma of groot lewensveranderinge en stressors.
  • Gevaarlike of roekelose gedrag.
  • Om oor die dood te praat en die behoefte om te sterf as die enigste uitweg te beskou.

Enige dreigement van selfmoord moet ernstig opgeneem word. Foto: Pixabay 

Klerksdorp Record het onlangs berig oor ’n meisie wat selfmoord gepleeg het nadat sy matriek gedruip het.

Lize Wolmarans, 'n voorligtingsielkundige in Bloemfontein, sê ouers en onderwysers kan kinders bystaan deur op ’n nie-veroordelende manier te luister en nie vir hulle te preek nie. Moet ook nie hulle gevoelens afmaak as nie ernstig nie. Bied aan dat hulle met ’n professionele persoon praat en moet ook nie bang wees om te vra of hulle dit oorweeg om hulself seer te maak nie.

“Daar is ook faktore wat nie altyd maklik is om te sien nie,” sê sy.

“Vir matriekleerders wat nie geslaag het nie, voel dit dalk asof dit die einde van die wêreld is en dit kan uiters pynlik wees om te ervaar, veral as jy hard gewerk het om jou matrieksertifikaat te behaal. Jou gevoelens is geldig en verstaanbaar,” sê Wolmarans.

Onthatile Makgale het haarself in hul agterplaas om die lewe gebring. Foto: Klerksdorp Record

“Dit is normaal dat mense hartseer voel ná so iets. Praat met iemand wat jy vertrou oor hoe jy voel en wanneer jy gereed is, begin om die opsies te ondersoek wat tot jou beskikking is, met of sonder ’n matrieksertifikaat.”

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) se webtuiste is https://www.sadag.org  Die tolvrye nommer is 08600 567 567 of stuur ’n SMS na 31393. Enigeen kan namens ’n geliefde of self bel en opgeleide beraders sal die persoon na ondersteuningsgroepe en plaaslike beraders verwys.

OFM Nuus/Zenande Mpame cgdg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.