On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Dag om helde te vereer

───   15:16 Fri, 02 Feb 2024

Feel Good Friday – Dag om helde te vereer | News Article
Nosh Food Rescue en The People's Pantry beplan ’n welstandsdag. Foto verskaf

Die welstandsdag sluit in praatjies, joga, meditasie, voeding, fiksheid, geestesgesondheid en kreatiewe spanbou-oefeninge.

Nosh Food Rescue en The People's Pantry maak seker kos wat op die stortingsterrein sou beland gaan eerder na sopkombuise en mense in nood. Albei organisasies het ongelooflike spanne wat dit laat gebeur en nou  beplan hulle om dié helde te vereer. 

Hulle verduidelik die werkers moet baie uitdagings oorkom om armoede te bekamp en dit is soms ’n ondankbare werk. “NOSH Food Rescue en die People's Pantry (TPP) beplan ’n welstandsdag vir die helde. Ons nooi al ons ondersteuners om hierby betrokke te raak.”

Die inisiatief sal elke kwartaal gehou word. "Die geleentheid sal dien as 'n platform vir lede van die NOSH- en TPP-spanne om kontak te maak met kenners oor welstand, terwyl hulle terselfdertyd samewerking tussen deelnemers aanmoedig wat hulself dikwels in moeilike omstandighede  bevind.”

Dit sal by Victoria Yards in Lorentzville, Johannesburg, plaasvind. Victoria Yards is die tuiste van The People's Pantry sedert dit die eerste keer in 2020 gestig is.

Nosh Food Rescue en The People's Pantry het hulp nodig met skenkings. Foto verskaf

Die welstandsdag sluit in praatjies, joga, meditasie, voeding, fiksheid, geestesgesondheid en kreatiewe spanbou-oefeninge. Daar sal ook vermaak verskaf word.

Die spanne hoop ook om vir elke kosheld ’n geskenkpak te gegee.  Hulle het die volgende wenslysie saamgestel:
• Koste of bestanddele vir die middagete en ander verversings.
• Geskenkpakke
• Bywoningsertifikate vir deelnemers.
• Gesondheid- en welstandspraktisyns wat bereid is om kort oefen- en opvoedingsessies te lei.
• Motiveringsprekers


Hul begroting is op aanvraag beskikbaar. Dit sluit in uitgawes soos die huur van die lokaal, fooie vir motiveringsprekers, bemarkingsmateriaal, verversings en logistiek.”

NOSH Food Rescue sal al die skenkings bestuur en jy kan vra vir ’n art.18A belastingklaringsertifikaat. Vir meer inligting stuur ’n e-pos na hanneke@noshfoodrescue.co.za of sandra@thepeoplespantry.org.za

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.