On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Inspiration

Feel Good Friday – Terapiehaas rits rond in eie motor

───   15:40 Fri, 23 Feb 2024

Feel Good Friday – Terapiehaas rits rond in eie motor  | News Article
Foto: foxnews.com

“Die driejarige hasie het meer as 200 geleenthede bygewoon.”

SWNS berig Alex is 'n hasie van sowat 15 kg wat in 2020 deur Josh Row en Kei Kato gered is.

Hulle het die Vlaamse haas by ’n vleismark in Modesto, Kalifornië, gered en Alex werk nou as ’n terapiedier. Die driejarige hasie het al meer as 200 geleenthede bygewoon waarin hy sy voorkoms en groot statuur wys. Kato, 'n restauranteienaar, het aan SWNS gesê hy en Row neem Alex waarheen hy ook al kan gaan in San Francisco.

“Ons het besluit om hom oral saam te neem, want mense sal net so lief word vir hom soos ons,”sê hy.
Hy gaan veral saam na hospitale en lughawens om pasiënte en passasiers se senuwees te kalmeer. Hulle doen baie vrywilligerswerk in die omgewing en is altyd op soek na nuwe maniere om Alex hiervoor te gebruik.

Hy het ’n stootwaentjie gehad waar sy naam in ligte aangebring is, maar later het hulle vir hom ’n mini- elektriese motor gekry.

In hul wildste drome het hulle nooit gedink Alex sou so baie vreugde vir ander mense bring nie. Hy laat hulle glimlag en is mal oor al die aandag. Alex het meer as 26 000 volgelinge op Instagram en 34 000 op TikTok en van sy video’s is al meer as ’n miljoen keer gekyk.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.