On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Nolwethu
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Inspiration

Twee bejaardes van Parys laat mense weer in liefde glo

───   KAREN VAN DER BERG 08:16 Mon, 11 Mar 2024

Twee bejaardes van Parys laat mense weer in liefde glo | News Article
Amanda Homan (77) en Ronnie Matthews (82) het mekaar in Januarie ontmoet en is binne twee weke getroud. Foto: Facebook/AMOT

“As ’n mens iemand kry vir wie jy lief is, moet jy dadelik die beste daarvan maak.”

’n Mens is nooit te oud om in die liefde te glo nie.

Daarvan kan tannie Amanda Homan (77) en oom Ronnie Matthews (82) van Parys getuig. Die twee het mekaar in hul tehuis vir bejaardes, die ONS TUIS AMOT (Andries Marie Oosthuizen), ontmoet en dit was liefde met die eerste oogopslag. Hulle is ná ’n warrelwindromanse van twee weke getroud.

Amanda vertel haar eerste man, met wie sy 56 jaar lank getroud was, is drie jaar gelede oorlede. Sy het alles opgepak en na die tehuis getrek. Oom Ronnie is ook eers verlede jaar na die oord, nadat sy vrou gesterf het.

Amanda en Ronnie Matthews. Foto: Facebook/AMOT

Hulle het mekaar in Januarie daar ontmoet. Hulle het ’n lekker geselsie aangeknoop en het baie van mekaar gehou en was sommer dadelik verlief op mekaar. En ’n skamele twee weke later, op 2 Februarie, is hulle getroud.

Die egpaar is in die AGS Kerk in Parys getroud, met vyf familielede as trougaste.

Tannie Amanda sê oom Ronnie se oogpunt is as ’n mens iemand kry vir wie jy lief is, moet jy dadelik die beste daarvan maak. Soos hulle. Sy sê weer wanneer ’n mens hulle ouderdom bereik, en in jou herfsjare is, is daar nie tyd vir speel nie. ’n Mens moet elke oomblik aangryp.

Amanda en Ronnie Matthews. Foto: Facebook/AMOT

“Dit gaan baie goed met ons. Ons is dolgelukkig en geniet die nuwe lewe saam met mekaar.”

Tannie Amanda sê hulle pas baie goed bymekaar en is regtig nie spyt dat hulle getrou het nie. Hulle kinders en kleinkinders deel ook in hulle vreugde en gun hulle die geluk. “Die hele familie is bly vir ons, en die kinders kom ook almal baie goed oor die weg.”

Hulle hoop om Paasnaweek almal saam te kuier.

OFM Nuus/Karen van der Berg cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.