On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Inspiration

Kimberley se jong skoonheid droom van Mej. SA-kroon

───   CASEY-LEE ANTHONY 12:00 Tue, 21 May 2024

Kimberley se jong skoonheid droom van Mej. SA-kroon | News Article
Lizaan Thembu nadat sy Miss Pre-Teen Mundial SA gewen het. Foto verskaf

“Ek het nooit geweet hoe ver skoonheidskompetisies my sou neem nie, en dit het my op hierdie wonderlike pad gelei.”

’n Leerling van Hoërskool Noord-Kaap neem einde Junie vir ’n week deel aan die Mini Universo-kompetisie in Colombië.

Lizaan Thembu het vanaf die jong ouderdom van twee jaar aan skoonheidswedstryde begin deelneem, maar sy het opgehou toe sy sewe was, en het verlede jaar, toe sy dertien geword het, weer daarin begin belangstel. “Ek het nooit geweet hoe ver skoonheidswedstryde my sou neem nie, en dit het my gelei op hierdie wonderlike pad.”

“Toe ek jonger was, het ek altyd na kompetisies gegaan om na ander meisies te kyk. Al was dit nie vir my spesifieke ouderdomskategorie nie, het ek steeds my ma gesmeek om my te laat inskryf.”

Lizaan Thembu wys wat sy al bereik het. Foto verskaf

Tot haar verbasing het sy dikwels dié kompetisies gewen en was die toeskouers gereeld geskok omdat sy heelwat jonger as die res van haar mededingers was.

Tydens haar reis by Miss Teen Universe South Africa (MTUSA) het sy gevind dat sy geleer het hoe om meer gerus buite haar gemaksone te wees, en haar selfvertroue het deur haar prestasies gegroei. Lizaan glo danksy hierdie prestasies is dit nie meer ’n onmoontlike doelwit om eendag Mej. Suid-Afrika te word nie.

Sy sê dat sy nog altyd die Miss Pre-Teen Mundial Crown wou wen. “Mundial” is ’n Spaanse woord wat wêreld beteken. “Dit is vir my ’n eer en seën.”

Lizaan Thembu saam met haar ouers in Durban by die MTUSA-kompetisieweek nadat sy Miss Pre-Teen Mundial SA gewen het. Foto verskaf

Lizaan, wanneer jy ook al daardie verhoog bestyg, maak seker jy gee alles, is wat sy vir haarself tydens die MTUSA-kompetisieweek gesê het. Sy het ook gesê dat sy dit nie sonder God sou kon doen nie. Haar geloof dra haar deur al die kompetisies waaraan sy deelneem.

Om gekies te word om na die mini Universo-kompetisie in Colombië te gaan is bewerkstellig deur die selfvertroue waaroor sy beskik toe daar van haar verwag word om voor die beoordelaars te praat in die eindronde van die Suid-Afrikaanse aflewering van Miss Pre-Teen, wat vroeër vanjaar in Durban gehou is.

Die kompetisieweek in Colombië duur van Maandag 24 Junie tot Sondag 30 Junie.

OFM Nuus/Casey-Lee Anthony cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.