On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

Rooibos nou ook modekleur

───   12:46 Tue, 21 May 2024

Rooibos nou ook modekleur | News Article
Adele du Toit, woordvoerder van die SA Rooibosraad. Foto verskaf

Rooibostee is nie nét die Trots Suid-Afrikaanse produk wat oor die wêreld heen geniet word vir die gesondheidsvoordele nie, dis deesdae ook ’n modekleur.

Die rooibosteekleur was ’n gunsteling om te dra by die 2024 Met Gala wat vroeër in Mei in New York gehou is. Vroeër is die Rooibos Tee Pantone ook as een van die top tien kleure vir lente aangekondig tydens die stad se modeweek.

“Rooibostee het 2 390 ander kleure uitgestof. Hierdie gesogte erkenning, wat deel is van die Pantone modekleurneigingsverslag, dui op ’n nuwe voorloper wat die pas sal aangee vir jou ons kleur sien en ervaar vir komende seisoen,” vertel Adele du Toit, woordvoerder van die SA Rooibos Raad.

"Ons is verheug om die groeiende gewildheid van die kleur oor bedrywe heen te sien. As ’n ikoniese Suid-Afrikaanse produk, word Rooibos lankal gekoester vir sy gesondheidsvoordele en kenmerkende geur, en dit is wonderlik om te sien hoe dit ook op gesogte kleurpalette pryk."

K-popgroep, Stay Kids, het ook die byderwetse kleur by die Met Gala gedra. Foto verskaf

Leatrice Eiseman, wêreldbekende kleurspesialis en uitvoerende direkteur van die VS-gebaseerde Pantone Colour Institute, sê die Rooibos Tee Pantone is reeds wêreldwyd sigbaar in mode en skoonheid, haarkleur, binnenshuise verf en ander dekor, produkte en materiale, sowel as grafiese ontwerp toepassings, insluitend verpakking.

Plaaslik gebruik Nkhensani Nkosi, aktrise en stigter van die ikoniese Stoned Cherrie-modereeks, ook die kleur in haar skeppings.

"Ek was nog altyd geïnspireer deur die kleur van Rooibos en die verkwikkende eienskappe van die tee, en wil graag sien hoe die kleur internasionaal opgang maak. Dit sal ook ’n tikkie nostalgie aan die wêreld van mode en dekor toevoeg."

Die Rooibosteekleur is ’n gewilde aksentkleur vir die nuwe lenteseisoen. Foto verskaf

Nicky Hoeks, bemarkingsbestuurder vir Duram, sê die impak van die Rooibostee Pantone strek veel verder as die loopplank. “In die wêreld van verf en huisdekor maak dit golwe as ’n impakkleur wat warmte en lewenskrag uitstraal.”

Marian van Wyk, vryskut binnenshuise stilis en kreatiewe redakteur van Tuis | Home tydskrif beskryf die kleur as neutraal, herinnerend aan terracotta, wat warm gevoelens van bekendheid en rustigheid oproep.

In die tegnologiebedryf, waar innovasie estetika ontmoet, is die kleur ook 'n neiging. Van slimfone tot skootrekenaars, tegnologiemaatskappye omhels hierdie warm, uitnodigende kleur as ’n simbool van styl en gesofistikeerdheid.

Artikel verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.