On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Inspiration

Vrystaatse skoonheid een van Mej. SA se top30-finaliste

───   13:00 Thu, 23 May 2024

Vrystaatse skoonheid  een van Mej. SA se top30-finaliste  | News Article

“Die Mej. SA-organisasie het in 2022 aangekondig dat ma’s en getroude vroue voortaan mag deelneem.”

’n Skoonheid van die Vrystaat is deur na die top-30 wat gaan meeding om die Mej. SA 2024-kroon. Die 30 hoopvolle finaliste is Woensdag (22/5) aangewys en die Vrystaat spog met een deelnemer, Janeka van Tonder.

Deelnemers kom uit agt provinsies. Gauteng het 14 deelnemers, KwaZulu-Natal vier, drie elk kom uit die Oos-Kaap en Mpumalanga, twee uit Limpopo en Noordwes, en een is ’n Wes-Kapenaar. Niemand uit die Noord-Kaap het die paal gehaal nie. Van Tonder kom van Hennenman, maar werk in Johannesburg.

Janeke van Tonder. Foto: Facebook

Sy het ’n BA-graad in verbruikerswetenskappe en modekleinhandelbestuur en -kommunikasie van die Noordwes-Universiteit.

Sy het nog altyd daarvan gedroom om uit te blink in die land se voorste skoonheidskompetisie. “Maar ek het myself belowe dat ek net kan inskryf as ek 100% gereed is en as ek myself toegerus het met genoeg kennis om te weet wat dit is wat ek na die tafel kan bring en wat dit is wat ek hiervan wil hê.

“Daar is nie iets soos die regte tyd nie. Indien nie nou nie, wanneer dan? Ek het myself gedwing om ligagaamlik, emosioneel en intellektueel gereed te wees, en om eerlik te wees, glo ek ek het wat nodig is om te leer en in Mej. Suid-Afrika 2024 te groei.”


Lede van die publiek was twee jaar gelede verbaas toe hulle hoor dat van hierdie vroue ook “mevrou” genoem word. Die Mej. SA-organisasie het in 2022 aangekondig dat ma’s en getroude vroue nou aan die kompetisie mag deelneem.

In 2023 het hulle meer veranderinge aangebring: vroue wat 30 word in die jaar wat hulle meeding, mag ook inskryf en daar is geen reëls meer oor lengte of gewig nie.


Mej. Suid-Afrika-aanhangers kan vir hul gunsteling op die Mej. SA-app stem tot 29 Mei om 18:00.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.