On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Sasolburg-tiener terug in Bloemfontein vir kankerbehandeling

───   HEIDRÈ MALGAS 08:23 Sat, 08 Jun 2024

Sasolburg-tiener terug in Bloemfontein vir kankerbehandeling | News Article
Carien van Dalen. Foto: Verskaf

“Dis haar laaste sessie, waarna sy en haar ma op 11 Julie terugkeer Bloemfontein toe vir ’n CT-skandering om te bepaal of die chemo effektief was.”

’n Skoolmeisie van die Vaaldriehoek is vir vyf dae in Bloemfontein vir haar laaste chemoterapiesessie by die Nasionale Hospitaal voordat sy in Julie haar uitslag ontvang.

Carien van Dalen (16) van Sasolburg wat in Januarie ’n kankergewas van 7 kg van een van haar eierstokke suksesvol laat verwyder het, sal binnekort weet of die chemoterapie wat daarna gevolg het, effektief was.

Carien van Dalen en haar ma, Chrissie Jacobs. Foto Heidre Malgas

Carien kon die eerste dag toe hulle in Bloemfontein aankom nie chemoterapie ontvang nie nadat sy ‘’n drukkende gevoel op haar bors" ervaar het en nie behoorlik kon asemhaal nie. “Dit kon dalk stres gewees het wat veroorsaak het dat ek nie kon asemhaal nie,” vertel sy.

Ná haar laaste sakkie chemo Sondag (9/6) het die dokters aan haar ma gesê hulle sal moet terugkom Bloemfontein toe omdat sy nog twee rondtes moet deurgaan, want hulle vermoed dat daar nog kanker is. Hulle beplan om 28 Junie terug te kom en sal sommer in daardie tyd ’n CT-skandering doen.

Dié leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg is op die oomblik besig met eksamens. Hoewel sy weens haar gesondheidstoestand selde skool toe gaan, probeer sy tog om sommige dae vir ’n paar ure op die skoolbanke te sit.

'Ek wil graag elke dag by die skool wees'

“Ek het tot dusver net twee vraestelle geskryf omdat ek nie gereeld skool toe kan gaan nie. Ek wil graag gesond word sodat ek die derde kwartaal elke dag by die skool kan wees,” sê Carien.

Ma Chrissie sê hulle kry finansieel en emosioneel swaar. Haar man, Carien se stiefpa, se werk is in die weegskaal omdat die maatskappy waarvoor hy werk, moontlik gaan sluit. “Ons hou aan bid en bly positief dat alles goed sal afloop,” sê sy.

Carien se ouers besef hoe belangrik skool is, maar hulle dwing haar nie om huiswerk te doen of te studeer wanneer sy nie kan nie, omdat sy vinnig moeg word. Jacobs beskryf Carien as ’n sterk jong meisie wat baie positief is, en sy is trots op hoe ver haar dogter al gekom het.

'Bly positief en glo in God'

Carien se eetlus het erg verswak, al wat sy kan inhou is broodrolletjies en koue vleis. Dit veroorsaak dat haar bloeddruk partykeer wissel.

Maar sy bly optimisties en haar advies aan ander tienermeisies wat deur soortgelyke situasies gaan, is om positief te bly en in God te glo omdat Hy getrou is.

Carien het die laaste paar maande baie gewig verloor en kort nuwe skoolklere omdat haar huidige uniform te groot geword het. Ongelukkig kan haar ouers dit nie bekostig nie.

Die gesin het begin om geld in te samel om die mediese uitgawes te dek. 

OFM Nuus/Heidrè Malgas cvdw

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.