On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Inspiration

Olivia Botha bring lig en inspirasie na Engo-dagboeke

───   14:00 Mon, 25 Aug 2025

Olivia Botha bring lig en inspirasie na Engo-dagboeke | News Article
Die dagboeke is beskikbaar by uitgesoekte winkels. Foto verskaf

Die jaarlikse Engo-dagboek kry vanjaar ’n besondere kreatiewe inspuiting met die kunswerk van Olivia Botha van 'Art de Olivia'.

Botha wat al van haar kinderjare af kuns verkoop en nasionale erkenning ontvang het, sê sy sien die projek as meer as net ’n opdrag. “Om saam met Engo aan hierdie dagboek te werk, voel vir my soos om deel te wees van ’n groter prentjie wat hoop en liefde bring.”

Haar loopbaan het reeds vroeg begin – sy het haar eerste kunskompetisie gewen op negejarige ouderdom en in matriek reeds naam gemaak. In 2001 het sy haar eerste groot uitstalling gehou wat volledig uitverkoop was. Sedertdien het sy ’n gevestigde plek in die Suid-Afrikaanse kunswêreld opgebou.

Vir die 2026-dagboek het sy ure se dinkwerk en kreatiewe beplanning ingesit. “Ek het my telkens gevra: gaan hierdie beeld iemand aanraak, gaan dit betekenis bring? 

Die inhoud spreek mense se behoeftes aan en dit voel soos ’n mylpaal.” Die dagboek met ’n harde buiteblad en kleurvolle inhoud, is soveel meer as ’n beplanningshulpmiddel – dit is ’n bron van inspirasie en lig.

As spesiale boodskap in Vrouemaand moedig sy vroue in Sentraal-Suid-Afrika aan om tyd vir hulself te maak, sonder skuldgevoel. “Ons identiteit lê nie net in ons doenlysies nie. Dit is belangrik om eerlik te vra hoe dit regtig met jou gaan en weer in lyn te kom met wie jy werklik is.”

Die dagboeke is beskikbaar op www.engo.co.za en by uitgesoekte winkels.

OFM dg



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.