Inspiration
30 jaar lank al in ‘n rolstoel, Brunhild Strauss motiveer almal om Loslitdag te ondersteun die 5de September─── 09:00 Thu, 28 Aug 2025

Brunhild Strauss is woonagtig in Springbok in die Noordkaap. Hy is ‘n parapleeg vanaf sy bors verlarm weens ‘n motorongeluk 30 jaar gelede. Hy is aan diens by die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede (NCPD) as Ontwikkelings Werker.
Brunhild Strauss beeiwer homself vir die bewusmaking en inklusiewe omgewing so wel as toeganklinkeid en die uitrol van projekte in die Namakwaland. Hy help ook met die insamel van volwasse weggooibare doeke en die rekonstruksie van trappe by laekoste behuising na opritte vir toegang. Brunhild sluit by Yolanda Maartens aan om jou te motiveer om met ander oe na mense in rolstoele te kyk en om jou deel te doen vanjaar om fondse in te samel vir die noodsaaklike werk wat die NCPD doen deur deel te wees van Loslitdag die 5de September 2025.
Brunhild Strauss
Loslitdag verskaf broodnodige fondse vir die werk van honderde skole en organisasies in die gestremdheidsektor. Dit sluit in nege provinsiale Verenigings van en vir Persone met Gestremdhede (VGV's) en vyf landwye programme en projekte wat toegang tot die werkplek en entrepreneurskap, universele ontwerp en toegang, en geslagsgebaseerde geweldbewustheid en -opleiding insluit.
Loslitdag is nou die mees prominente en suksesvolle sosiale voorspraakveldtog in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, wat sedert 1994 meer as 'n halfmiljard ingesamel het. Dit word ondersteun deur duisende lede van die publiek wat hul plakkers koop by deelnemende kleinhandelwinkels, deelnemende maatskappye, ons 600+ begunstigde NWO's en skole wat elke jaar hul deelname hernu. Die opbrengs van die skenkings word gekanaliseer na Persone met Gestremdhede by skole, huise en werkswinkels wat deur die deelnemende begunstigde organisasies verteenwoordig word. Die projek ondersteun ook die gestremdheidseenhede van 11 universiteite, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF).
Lees meer by https://casualday.co.za/ en maak seker jy is deel van die inisiatief die 5de September 2025.