On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Inspiration

Bloemfonteinse graad 12-leerder en maats maak verskil in Juffrou Karen du Plessis se lewe

───   09:00 Wed, 27 May 2026

Bloemfonteinse graad 12-leerder en maats maak verskil in Juffrou Karen du Plessis se lewe | News Article
Wilco de Villiers (links) saam met Karen du Plessis (middel) en Danne Coetzee (regs). Foto verskaf

Wilco de Villiers, ’n graad 12-leerder by Grey College, het die ekstra myl gestap om ’n verskil te maak in Juffrou Karen du Plessis se lewe.

As deel van OFM 40 Acts of Kindness, deel ons graag die verhaal van ’n onderwyseres van Bloemfontein Grey College, Karen du Plessis, wat Wilco de Villiers wil bedank vir sy onbaatsugtige poging om haar by te staan deur middel van ’n fondsinsameling by sy skool. Du Plessis leef met primêre siliêre diskenese, ’n seldsame genetiese toestand wat veroorsaak dat die klein silia in die liggaam nie behoorlik funksioneer nie. 

Hierdie silia help normaalweg om slym en onsuiwerhede uit die longe te verwyder, maar weens die toestand het ernstige longskade oor die jare ontwikkel. Die afgelope twee jaar het haar longkapasiteit drasties verswak.

Sy is volledig afhanklik van suurstof en gebruik ’n suurstofmasjien 24 uur per dag teen agt liter per minuut om asem te haal. Om steeds haar werk as onderwyser voort te sit, benodig sy suurstoftoerusting by die huis én by die skool. 

Waar sy vroeër ’n aktiewe lewe gelei, met oorgawe aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem het en aktief by Die Voortrekkers betrokke was, is haar wêreld nou grotendeels beperk tot werk en haar huis. Selfs kerkdienste woon sy deesdae aanlyn by, terwyl aanlyn inkopies ’n noodsaaklikheid geword het.

Wilco het vroeër vanjaar ’n dans by die skool gereël waarmee hy fondse ingesamel het vir sy juffrou, aangesien ’n longoorplantingoperasie in die Kaap sal moet geskiet en daar baie kostes daaraan verbonde is.

Karen deel met ons haar boodskap van dankbaarheid. Wilco se gebaar dra soveel meer gewig as net die finansies wat ingesamel is. Jy kan ook ’n bydrae maak. mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.