On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Gewoontes, routine en rituele in jul verhouding wat saak maak

───   12:30 Thu, 21 May 2026

Gewoontes, routine en rituele in jul verhouding wat saak maak | News Article

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor hoe gesonde en mooi gewoontes in jou verhouding eie is aan jou en jou maat.

Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein, vertel ons hoe belangrik elke verhouding se rituele is.
Dit maak jou verhouding met jou maat uniek; dit bring veiligheid en laat jou maat tuis voel in jou teenwoordigheid.

Die gesondheid van 'n verhouding kan gemeet word aan die rituele wat spontaan gebeur soos dinge goed gaan, of dit kan skielik wegval, of selfs weerhou word, die oomblik as dit moeilik gaan of daar is ’n bietjie krapperigheid in die verhouding.

'n Doelbewuste ritueel, of iets wat spontaan ontstaan, maak nie saak wat die oorsprong daarvan is nie, dis 'n simpel gewoonte wat 'n sterk band bou in 'n paartjie.



Steenkamp vertel hoe sy dit sien in gevalle waar 'n geliefde afgesterf het, en hoe die oorblywende persoon te midde van hul routydperk, en selfs daarna, praat oor hoe hulle dit mis om die of dat saam met hul maat te doen.

Of dit nou 'n elke Sondag se braai is, met die hond gaan stap, saam bid, of gee jou maat 'n rugkrap, dis iets eenvoudig en mooi wat noodsaaklik is vir jou verhouding.

Watter rituele is in jou verhouding wat spesiaal en uniek is?

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.