Inspiration
Wat is die perfekte hoeveelheid intimiteit?─── 12:00 Thu, 28 May 2026
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor 'n onderwerp wat party paartjies kan grys hare gee as hul nie hul maat se spesifieke behoeftes in ag neem nie.
Hoeveel intimiteit is die regte hoeveelheid? Wanneer is dit te veel of te min?
Kliniese sielkundige van Bloemfontein, Madeleen Steenkamp, gesels oor intimiteit. Die besige lewe kan veroorsaak dat ’n mens ’n bietjie perspektief verloor oor hoeveel, wanneer, waar en wat …
As daar na die wiskunde gekyk word, is die totaal van die som die gemiddeld. Jy moet albei partye se behoeftes in ag neem, en 'n goeie middeweg vind waarmee albei gelukkig kan wees.
Die huwelik moet nie net gaan oor jou eie behoefte nie; dit kan lei tot selfsugtigheid. Kwaliteit is soms belangriker as kwantiteit.
’n Besige lewe is 'n element wat moegheid kan veroorsaak, wat dikwels bydra tot ’n afname in die behoefte aan intimiteit. Veral in die geval van vrouens, kan 'disconnect' in die verhouding daartoe ly.
Intimiteit moet 'n prioriteit wees in elke verhouding, dis 'n belangrike bousteen wat nie geïgnoreer kan word nie. As ’n paartjie moet julle 'n ritme vind wat vir julle albei werk.
Die een met die minder behoefte moet bereid wees om ’n bietjie meer te gee, maar so ook die een met die groter behoefte moet bereid wees om 'n 'nee' met meer grasie te aanvaar.
