Inspiration
Wat is jou aanvaarbare ‘adult curfew’?─── 12:00 Thu, 04 Jun 2026
Madeleen Steenkamp gesels met Pulane oor die curfew in jou verhouding wat jou laat veilig voel of laat vry voel, wat jou ongemaklik maak of wat jou laat gevange voel.
Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat al meer as 30 jaar spesialiseer in verhoudings, gesels met ons oor die aanvaarbare tyd om huis toe te kom wanneer jy in 'n maat het wat vir jou by die huis wag.
Mense sukkel nogal met die 'adult curfew' in verhoudings. Een is dalk 'n 'huishen' en die ander een is 'n 'kuierstert'.
Dit kan ly tot groot konflik as die een wil hê julle moet vroeg tuis wees, en die ander een wil nie voorgesê word soos 'n kind wat hulle mag of nie mag nie, want hulle wil gaan sosiaal verkeer.
Om agter die kap van die byl te kom oor jou maat se behoefte, is baie belangrik. Daar is 'n dieper rede vir elkeen se voorkeure, en jy moet jou maat genoeg respekteer om 'n middeweg te vind wat vir jul albei sal werk.
Soms kan hierdie ongelukkigheid lei tot die punt waar 'n derde party gesien moet word, soos 'n sielkundige of 'n berader, om te help om daardie middeweg te vind wat albei partye in die verhouding sal help om hul behoeftes bekend te maak, maar om ook met liefde en sagmoedigheid hul maat se gevoelens in te sien, en te besef hoekom hulle so voel.
Kommunikasie en respek in hierdie situasies is van kardinale belang. Onthou dat julle in dieselfde span is en dat julle moet saamwerk om daardie goue middeweg te kry waar albei ’n bietjie gee, maar ook ’n bietjie neem.
