On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Het jou uiterlike styl ’n uitwerking op jou innerlike gemoed?

───   12:23 Wed, 27 May 2026

Het jou uiterlike styl ’n uitwerking op jou innerlike gemoed? | News Article

Elzaan van der Merwe gesels met Pulane Nel-Sekepe oor hoe die klere wat jy dra jou goed of sleg kan laat voel.

Wat jy dra het 'n groot impak op jou gemoed vir elke dag. Van der Merwe van Mamilla Fashions, verduidelik wat is die verskil tussen mode en styl, en hoe jy moet kry wat vir jou werk en wat jou laat goed voel oor jouself.

Gesondheid is nie net aan die binnekant nie. Wat jy aan die buitekant doen, dra by tot hoe jy voel aan die binnekant. 

Jy moet eerstens besef en vrede maak daarmee, dat om op te staan elke dag en jouself reg te kry vir die dag wat voorlê, doen jy vir jouself, vir niemand anders nie. Dit het beslis 'n positiewe dopamienfaktor as jy goed voel in wat jy dra, dit met selfvertroue dra en straal, en dalk 'n kompliment of drie inoes.

'n Titseltjie ekstra moeite met jou daaglikse uitrusting kan soveel bydra tot jou hele dag. Daar is natuurlik verskillende liggaamstipes, maar die belangrikste is om jou styl te vind en te ken. Dit gaan nie oor die mode wat jy koop nie, dit gaan oor hoe jy dit stileer wat by jou pas en jou gelukkig maak.

Klere moet 'n lekker ding wees. Onthou: “Everyday is a fashion show, and the world is your runway.”


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.