Inspiration
Is die clutter in jou huis vir jou vreugde of frustrasie?─── 12:00 Thu, 11 Jun 2026
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor ‘clutter’ in die huis wat 'n groot probleem kan wees in jou verhouding.
Wat vir die een maat vreugde bring, kan die ander maat angs gee. Dis belangrik dat julle in jul verhouding die rede agter jou maat se behoefte verstaan, en dan sodoende 'n kompromie vind wat vir albei werk.
Selfs Pulane deel met ons wat sy en haar man gedoen het om ’n middeweg te vind om angs te voorkom.
Of dit nou ’n opruimdag is, of ’n vertrek is wat aan ’n bietjie chaos oorgegee word, iewers moet julle ’n manier kry sodat albei in die verhouding kan gelukkig wees. Julle huis moet ’n veilige hawe wees waar jy gemaklik voel en kan rus … jy moet jou omgewing kan inrig op die manier wat jou vrede gee, maar jou maat se behoefte moet ook in ag geneem word.
Wees altyd bereid om te groei saam met jou maat. Daar is reeds ’n rede hoekom ‘opposites attract’. Jy en jou maat is daar om mekaar te help verbeter in jul gewoontes.
