On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch James
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Moeilike skoonma: Wie is skuldig?

───   12:00 Thu, 18 Jun 2026

Moeilike skoonma: Wie is skuldig? | News Article

Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor ’n baie sensitiewe onderwerp … SKOONMA!

Madeleen gesels oor hoe baie sy in haar praktyk sien hoe paartjies vreeslik baklei as gevolg van die skoonma. Dis ’n jammerte om te sien hoe dit ’n bron van frustrasie kan wees vir ’n paartjie.

Sy het agter gekom dat hierdie probleem dikwels uit jaloesie ontstaan. DIt is nie noodwendig iets groots of opsetlik nie, maar klein goedjies wat Skoondogter kan laat jaloers voel as sy met haar skoonma vergelyk word wanneer dit oor iets soos kosmaak gaan.


Net so kan dit ook andersom werk, waar die skoonma dalk vir haar skoonseun kwaad word wanneer haar dogter by haar kom afpak wanneer hul baklei oor iets. Weke later het die paartjie al vrede gemaak, maar Skoonma voel nog ongelukkig want sy voel die skoonseun breek haar kind se hart; as ’n ma is dit haar plig om haar dogter ten alle koste te beskerm.

Madeleen gee wenke oor hoe om sulke situasies te hanteer. Die belangrikste is om eerste na jouself te kyk, en seker te maak jyself is nie dalk die oorsaak van die konflik nie. Werk saam as ’n familie in liefde vir mekaar en nie teen mekaar nie.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.