On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Wie dra die broek in die verhouding?

───   12:00 Thu, 02 Jul 2026

Wie dra die broek in die verhouding? | News Article

Die een wat wel die broek dra, moet daardie eer en voorreg verdien deur ’n goeie leier te wees, en nie ’n diktator wat alles op almal wil afdwing nie.

Dalk is dit nodig dat daar meer as een broek in die huis gedra word, afhangende van watter sterk punte elke maat in die verhouding het.

Madeleen Steenkamp kom gee vir ons raad in ’n lekker Truth Thursday-praatjie met Pulane Nel-Sekepe.

Die tradisionele konsep rondom hierdie sê-ding is dat die man die broek moet dra in die huis. Maar in vandag se lewe is dit nodig vir ’n paartjie om te sit, dit te bespreek en te beplan. 

’n Verhouding of huishouding is basies soos ’n besigheid wat bestuur moet word. Daar kan meer as een bestuurder wees, want daar is verskillende afdelings in mense se lewe en ’n verhouding wat bestuur moet word. Dit maak tog dan net sin dat die een wat ’n sterk punt op daardie gebied het, moet leiding neem.

Finansies, kosmaak, kinders of keuses oor of mens moet verhuis na ’n ander dorp.

Maar tog, daar kan nie twee leiers wees wat kop stamp nie. Al het elkeen sy afdeling wat bestuur word, wys die geskiedenis tog dat dit voordelig is dat die man sy plek inneem as leier in die huis, mits hy dit verdien en dit met liefde, grasie en leier-eienskappe kan behartig.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.