On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Huur of Koop: Wat gaan beste werk vir jou?

───   12:00 Wed, 01 Jul 2026

Huur of Koop: Wat gaan beste werk vir jou? | News Article

Pulane Nel-Sekepe en Rudolph Geldenhuys gesels oor die onderwerp van jou veilige hawe, jou woonplek, jou tuiste. Huur of koop?

Dis ’n onderwerp wat sommige mense warm onder die kraag kan maak, maar dis iets wat jy deeglik moet deurdink, en jou somme moet maak voor jy die besluit neem.

Rudolph verduidelik daar is soveel uitgawes wat die huis-eienaar se verantwoordelikheid is, waaraan huurders nie noodwendig dink wanneer hul die dag besluit dat koop beter sal wees nie. 

Om te redeneer dat jou huuruitgawe gelykstaande kan wees aan ’n paaiement, kan jou sleg in die voet skiet as jy vergeet van goed soos dienste en erfbelasting, heffings, instandhouding en versekering.

Maar om die res van jou lewe net te huur gaan jou onnodig baie geld uit die sak jaag. So, jy moet die toegewyde keuse maak om te spaar terwyl jy huur, sodat jy eendag wel kan koop.

Rentekoerse en leningstermyn as jy koop speel wel ’n baie groot ro. As jy nie van die begin af daarvoor begroot nie, kan die koop van ’n huis nie net 'n droom wees wat waar word nie, maar dit kan ook ’n groot bekommernis word wat finansiële spanning veroorsaak.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.