Inspiration
Spaar jy vir jou kinders se toekoms, of vir jou eie aftrede?─── 11:00 Wed, 29 Jul 2026
Baie ouers dink hul prioriteit lê by ’n spaarplan vir hul kinders se toekoms, maar vergeet soms hul eie aftrede is nog belangriker
Rudolph Geldenhuys kom deel wyshede oor jou spaarplanne vir die toekoms. Wanneer jy wel seker is jy kan dit bekostig om vir jou kinders se toekoms te spaar, moet jy seker maak jy gebruik wel die regte, mees bekostigbare opsies wat beskikbaar is.
Rudolph verduidelik aan Pulane jy gaan eendag moet aftree, maar dis nie 100% seker dat jou kind eendag gaan moet studeer nie. Daarom is dit belangrik dat ouers altyd eerste ’n spaarplan vir hul eie aftrede in plek het, voordat hulle hulle oor hul kinders se toekoms moet bekommer. Wanneer jy dan ’n ekstra geldjie oor of beskikbaar het, kan jy vir jou kinders iets begin wegsit.
Hy verduidelik daar is ’n verskil tussen geld in die bank spaar, of geld met ’n belegging spaar. Rudolph waarsku teen studie-versekering, wat ’n onnodige duur opsie is.
Ouers moet ook onthou dat hulle nie al die bekommernisse van toekomstige finansiering vir hul kinders op hul eie skouers hoef te dra nie. Jy as ouer kan doen wat jy kan, binne jou vermoë, maar aan einde van die dag lê die verantwoordelikheid by die kinders self. Daar is belangrike besluite vir kinders om te neem rondom hul eie uitgawes en besparings.
