Inspiration
Ervaar jy gedragsveranderinge tydens familiekuiers?─── 11:57 Thu, 16 Jul 2026
Hoe gemaak as jou lewensmaat skielik snaaks, ongeskik, of buite karakter optree gedurende familiebyeenkomste?
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp bespreek hierdie vraag van ’n luisteraar. Madeleen gee raad oor hoe om so ’n gesprek met jou maat te benader en om seker te maak jy verstaan die rede agter dit.
Is jou maat dalk angstig om saam die familie te kuier, of is daar dalk iets of iemand wat hom of haar ongemaklik laat voel? Dit kan ook bloot wees dat jou maat nie eens agterkom hy of sy tree vreemd op nie, en dis net iets waarvan hy of sy bewus gemaak moet word.
Madeleen beklemtoon jy kan met enigiets met jou maat kan praat … maar dit gaan hoofsaaklik oor hoe jy dit sê, want as jy aanvallend voorkom, gaan die gesprek dalk net suidwaarts keer.
Pulane deel haar eie ondervinding van hoe sy self anders optree as sy by familie kuier, en hoe dit dan weer ’n uitwerking op haar man kan hê. So 'n gedragsverandering op kuiergeleenthede kan ook van twee kante af kom.
As 'n paartjie moet julle dit saam aanpak om seker te maak julle kan julself wees en jul lekker, gemaklike verhoudingsdinamika uitleef, al kuier julle by familie.
sm
