On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Hoe lyk jou gebalanseerde bord kos?

───   11:00 Wed, 19 Aug 2026

Hoe lyk jou gebalanseerde bord kos? | News Article

Kliniese dieetkundige Will van der Merwe praat weer oor gesond eet. Hy gesels met Pulane Nel-Sekepe oor hoe ’n gebalanseerde bord kos moet lyk en hoekom.

As jy baie van een soort kos hou, soos hoender, kan jy nie aldag, heeldag lank net hoender eet nie. Jou liggaam benodig soveel meer as net dit. Verskillende voedingstowwe – minerale en vitamines – kom voor in verskillende soorte kos en kosgroepe. Daarom is dit noodsaaklik om ’n verskeidenheid van kos te eet.
Will verduidelik om die prentjie vir iemand te wys van ’n hoe gebalanseerde bord kos lyk, is ’n maklike en vinnige manier om dit onder iemand se aandag te bring dat ’n verskeidenheid kos benodig word. Hy beklemtoon egter dat daar nie een resep is vir almal nie. Elke persoon se liggaam verskil en die hoeveelheid van wat presies benodig word, kan bepaal word met die hulp van ’n dieetkundige. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.