Inspiration
Om ’n veganis te word of nie: Het jy al die nodige inligting?─── 11:34 Wed, 02 Sep 2026
Pulane Nel-Sekepe gesels met Will van der Merwe, kliniese dieetkundige van Bloemfontein, oor die moets en moenies van ’n veganistiese dieet.
Hulle bespreek alles wat jy moet weet, asook waarna jy spesifiek moet oplet. Onderweg leer ons interessante feite – nie net oor proteïene nie, maar ook oor yster.
Pulane, wat nou self ’n karnivoor-eetplan volg, was op ’n tyd ’n groot veganis en verstaan een van die bekommernisse is oor waar en hoe jy genoeg proteïene gaan inkry.
Will sê proteiene is nie die enigste ding waarna jy moet oplet nie, maar ook yster. Hy verduidelik in diepte hoe sekere dinge (soos kalsium) kan maak dat jou ligaam nie yster ordentlik opneem nie.
Will verskaf ook die antwoord oor die vraag of iemand wat op ’n veganistiese dieet is, sal kan oefen en spiere bou.
Hulle praat ook oor vleis-vervangingsprodukte wat dikwels as gesonde veganistiese produkte bemark word, sonder dat mense besef hoeveel ander ongesonde elemente moontlik by daardie produkte gevoeg is.
