On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Ashmund
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Belasting op beleggings: Hoekom moet jy nou nog belasting betaal?

───   11:00 Wed, 26 Aug 2026

Belasting op beleggings: Hoekom moet jy nou nog belasting betaal? | News Article

Belasting op beleggings kan ’n belegger sleg onkant betrap.

Rudolph Geldenhuys vertel Pulane Nel-Sekepe en die luisteraars meer oor belasting wat ’n invloed op beleggings kan hê.

Hy verduidelik in detail watter tipe belasting jy alles kan en moet betaal wanneer jy beleggings het, asook die verskillende tipes beleggings wat beskikbaar is. Gelednehuys gee raad oor hoe om slim en ingeligte keuses oor jou geld te maak.

Van belastingvrye rekeninge tot aftree-annuïteite word bespreek as beleggingsopsies wat jou kan help om jou belastingverpligtinge te verminder. Hy beklemtoon egter ook dat ’n gewone spaarrekening by die bank nie altyd die beste opsie is nie. Hoewel jou geld daar groei, kan die groei beperk wees en kan belasting op rente jou opbrengs verder beïnvloed.

Die belangrikste boodskap is eindelik dat dit altyd verstandig is om met ’n professionele finansiële adviseur te gesels voordat jy belangrike langtermynbesluite oor jou finansies en aftrede neem. Met die regte advies kan jy seker maak dat jou geld vir jou toekoms werk, eerder as om later onnodig duur te wees.

sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.