On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Inspiration

Het jou belegging ook hierdie versteekte uitgawes?

───   11:00 Wed, 30 Sep 2026

Het jou belegging ook hierdie versteekte uitgawes? | News Article

Rudolf Geldenhuys gesels met Pulane Nel-Sekepe oor iets waaraan baie van ons dalk nie genoeg aandag gee wanneer dit by beleggings kom nie – uitgawes.

Hy verduidelik die verskil tussen produktiewe en onproduktiewe uitgawes en help ons om die vier verskillende tipes uitgawes wat op beleggings van toepassing kan wees, beter te verstaan. Want wanneer dit by jou geld kom, is dit belangrik om nie net te weet hoeveel jy betaal nie, maar ook waarvoor jy betaal en of die diens of voordeel wat jy daarvoor ontvang, werklik die koste werd is.

Rudolf gebruik ’n eenvoudige voorbeeld: Sal jy bereid wees om ’n prokureur en elke maand vir sy dienste te betaal, terwyl jy nooit van sy dienste gebruik maak nie – of erger nog, wanneer jy hom nodig het, antwoord hy dalk nie eens sy foon nie?

Waarom aanvaar ons dan soms dieselfde soort laksheid wanneer dit by ons beleggings kom?

In hierdie gesprek kyk Rudolf en Pulane na hoe belangrik dit is om jou beleggingskoste mooi te verstaan en gereeld te evalueer of jy werklik waarde vir jou geld kry. sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.