Inspiration
Jou noodleuntjie maak dalk seerder as die waarheid wat jy verdoesel─── 11:00 Thu, 10 Sep 2026
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die uitwerking wat jok en noodleuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê.
Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar eindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n ‘onskuldige’ leuen. Sy was briesend – nie noodwendig oor wat hy gedoen het nie, maar omdat hy vir vyf jaar lank nie die waarheid gepraat het nie.
Leuens in ’n verhouding, selfs op klein skaal, kan maklik ’n gewoonte word wat mettertyd groei en eindelik tot ’n veel groter probleem lei. Wat baie mense nie besef nie, is dat die leuen wat hulle vertel om konflik te vermy oor iets wat hulle gedoen het, dikwels eerder soos petrol op die vuur werk en die situasie net verder vererger.
Dit is veral relevant vir “people pleasers”, wat dikwels so bang is om hul lewensmaat teleur te stel dat hulle eerder ’n noodleuentjie vertel. Ironies genoeg is die eindelike waarheid dikwels baie meer teleurstellend wanneer dit wel aan die lig kom.
Jou lewensmaat ken jou immers beter as wat jy dink – en mettertyd kom leuens gewoonlik aan die lig.
