On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Inspiration

Kan kommunikasie jou verhouding red?

───   11:00 Thu, 17 Sep 2026

Kan kommunikasie jou verhouding red? | News Article

Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie.

In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van groot belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus kan ontwikkel. Sy deel ook ’n praktiese voorbeeld van ’n spesifieke kommunikasietegniek wat in die vorm van ’n gereelde afspraak gebruik kan word om konflik op ’n gesonde manier uit te werk en terselfdertyd jou maat op ’n dieper, meer emosionele vlak te leer ken.

Dit gaan dus nie net daaroor om probleme op te los wanneer dinge verkeerd loop nie, maar om doelbewus tyd te maak om mekaar se harte, behoeftes en gevoelens beter te verstaan.

Pulane Nel-Sekepe deel ook haar eie ervaring van hoe hierdie tegniek ’n positiewe verskil in haar huwelik gemaak het en hoe dit haar en haar maat gehelp het om mekaar beter te verstaan en hul kommunikasie te versterk.

sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.