On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Inspiration

Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid?

───   08:30 Thu, 29 Oct 2026

Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid? | News Article

Pulane en Madeleen gesels oor openbare liefkosings, meer algemeen bekend as PDA (Public Display of Affection).

Madeleen verduidelik daar is nie noodwendig ’n reg of verkeerd wanneer dit by openbare liefdesbetuigings kom nie. Elke paartjie moet eerder hul eie unieke middeweg vind wat vir hulle albei werk. 

Dit is belangrik om te onthou mense het verskillende persoonlikhede, en aangesien teenoorgesteldes mekaar dikwels aantrek, is die kanse goed dat die een persoon in ’n verhouding baie liefde en openbare aandag geniet, terwyl die ander persoon dit glad nie nodig het nie.

Sy verduidelik ook mense is sensories verskillend aangelê, en dit kan ’n groot rol speel in hoe gemaklik iemand met fisiese aanraking is. Vir sommige mense kan te veel aanraking selfs tot oorstimulasie lei.

Eindelik kom dit daarop neer dat paartjies met mekaar moet sit en gesels oor wat elkeen se behoeftes is. Deur oop en eerlik te kommunikeer kan julle saam die goue middeweg vind wat vir albei gemaklik en werkbaar is. sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.