On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Nog oor testamente: Waar presies kan wat sloer?

───   08:00 Wed, 11 Nov 2026

Nog oor testamente: Waar presies kan wat sloer? | News Article

In hierdie week se Wealth Wednesday beantwoord Rudolph Geldenhuys ’n paar vrae wat na aanleiding van die vorige gesprek met Pulane Nel-Sekepe oor testamente en boedelbeplanning van luisteraars ontvang is.

Rudolph verduidelik in meer besonderhede wat gebeur wanneer ’n boedel afgehandel moet word, maar jy as naasbestaande eers moet wag dat die Meester van die Hooggeregshof ’n eksekuteur aanstel voordat die proses behoorlik kan voortgaan. Hoewel hierdie wagtydperk frustrerend kan wees, is daar stappe wat jy kan doen om voorbereid te wees.

Hy gee ook praktiese raad oor wat ná die aanstelling van die eksekuteur gebeur, watter verantwoordelikhede en take voorlê, en wat jy as naasbestaande kan doen om te help verseker dat die boedelbereddering so vlot moontlik verloop. 

Die gesprek bied waardevolle leiding aan en help luisteraars om beter te verstaan wat om tydens hierdie proses te verwag, watter rol die eksekuteur speel en waarom dit belangrik is om die nodige dokumentasie betyds gereed te hê.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.