National
Riaan Cruywagen bied vanaand laaste nuusbulletin aan─── 10:30 Mon, 26 Nov 2012

Johannesburg - Ná meer as vier dekades in die uitsaaiwese beplan die veteraan-Afrikaanse nuusaanbieder Riaan Cruywagen om sy eerste aand ná sy aftrede saam met sy gesin nuus te kyk, berig IOL. Cruywagen se laaste nuusbulletin word vanaand – presies 37 jaar nadat hy by die SABC begin werk het – om 19:00 uitgesaai. Die 67-jarige Cruywagen het sy loopbaan in 1965 as 'n joernalis begin en deeltyds by die SABC in Kaapstad gewerk terwyl hy by die Universiteit van Stellenbosch studeer het. Sy eerste nuusbulletin is op 26 November 1975 om 20:00 uitgesaai. Met meer as 7 000 televisie-aanbiedinge in sy loopbaan, voel hy "nostalgies, maar nie emosioneel" oor sy aftrede nie.
IOL
IOL