On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Ma en seun aan Wes-Rand in huis vermoor

───   15:20 Tue, 06 Aug 2013

Ma en seun aan Wes-Rand in huis vermoor | News Article
Azaadville - 'n Sestigjarige vrou en haar 35-jarige seun is dood in hul huis in die Wes-Rand aangetref.
 
Gautengse polisiewoordvoerder, Solomon Sibiya sê die voorval het in Azaadville plaasgevind. Dit lyk of dit 'n huisbraak was, want die hele huis is geplunder.
 
Albei slagoffers is verwurg, te oordeel aan die merke aan hul nek. Sibiya sê die polisie is steeds besig om te bepaal wat alles uit die huis gesteel is.
 
Volgens Sibiya is die polisie op soek na die huishulp wat intussen vermis geraak het. Die huishulp, 'n vrou van Malawi, se paspoort, selfoon en ander besittings is steeds in haar kamer.
 
Maroela Media


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.