National
Familie kap Dina Rodrigues se "bekentenis"─── 14:51 Sun, 18 Aug 2013

Johannesburg - Die familie van die vermoorde baba Jordan Leigh Norton het die “bekentenis” van Dina Rodrigues veroordeel, het die Sunday Tribune Sondag berig.
“Sy kan in die tronk vrot vir al wat ek omgee,” het Vernon Norton, die oupa van wyle Jordan Leigh Norton aan die koerant gesê. “Ons leef daagliks met die realiteit dat ‘n splinternuwe lewe deur ‘n selfsugtige vrou geneem is vir haar eie selfbevrediging.”
Rodrigues se verklaring is by die hoogste hof van appèl ingedien ná sy misluk het in haar aansoek om spesiale verlof tot appèl na sy lewenslange tronkstraf opgelê is. Haar aansoek is verlede maand van die hand gewys.
In haar jongste verklaring voer Rodrigues aan sy het “in onvolwassenheid” die moord beplan omdat sy geglo het dat die baba in die pad gaan staan van haar verhouding met die kind se pa, Neil Wilson.
“Nou dat ek terugkyk, met meer wysheid en ervaring, besef ek dat ek net die ongesofistikeerde emosies van ‘n onvolwasse en onervare vrou beleef het. Ek was ‘n volwassene in my liggaam, maar nie in my verstand nie,” het Rodrigues verklaar.
Rodrigues het medepligtiges R10 000 betaal om die baba se ouerhuis op 15 Junie 2005 te betree deur middel van ‘n vals afleweringsdiens. Die baba is toe in die nek gesteek en met ‘n kussing versmoor. Jordan was ses maande oud en het by haar ma, Natasha Norton, en pa, Wilson, gebly.

Sapa