National
Jannie Moolman se toestand ernstig, maar bestendig─── 16:45 Wed, 09 Apr 2014

Johannesburg - Jannie Moolman, wat Sondagoggend vroeg in ‘n trauma-eenheid van Johannesburg se Mill-Park-hospitaal opgeneem is, se toestand is steeds ernstig, maar bestendig.
Moolman se woordvoerder, Barnard Beukman sê die sanger het veelvuldige frakture aan die been agter die neusholte, neusbene, bo-kaak asook sy wangbeen. Sy linkerhand is ook beseer en reeds geopereer. Hy word in ‘n ge-induseerde koma gehou en word weer môre) ge-opereer.
Beukman sê die voorval het Saterdagaand omstreeks 23:00 by ‘n restaurant in die Hartebeespoortdam-omgewing plaasgevind. Die presiese oorsaak van sy beserings is steeds onduidelik.
Vroeëre berigte dat hy van ‘n dak af geval het, is weens die aard van sy beserings, nie die finale gevolgtrekking nie.
Beukman sê hy is alleen buite die restaurant aangetref deur ‘n sekuriteitswag.
Die voorval word vir moontlike verdere optrede ondersoek.
Sy vriendin Melissa-Jo Sharp, asook familielede van Moolman, is bykans deurgaans by sy bed.
Verklaring verskaf