National
Tiener skuldig aan Limpopo egpaar se moord─── 11:11 Sat, 25 Oct 2014

Makopane - 'n Tienerseun is skuldig bevind aan die moord op 'n bejaarde paartjie op hul plaas in Limpopo.
Beeld berig die 16-jarige het gister in die Makopane landdroshof skuldig gepleit op die moord op die 69-jarige Will en 66-jarige Anje Kiesling op hul plaas naby Lephalele in Maart.
Will is in die kop geskiet waar hy op ’n bed in die huis lê en slaap het. Anje is geskiet waar sy in ’n stoel in die sitkamer gesit het.
Die seun het blykbaar voor die moorde drie weke lank by die egpaar op hul plaas gekuier. Hy sal op 7 Januarie gevonnis word.
Intussen het 'n 17-jarige skoolseun gister 'n medeskolier by Mabande Sekondêre skool in Ema-la-hleni, Mpumalanga doodgeskiet.
Provinsiale onderwysdepartment woordvoerder Jasper Zwane sê die voorval het plaasgevind terwyl die leerder op pad huis toe was.
Hy't bygevoeg dat die department die voorval ondersoek en dat berading ook aan onderwysers en leerders gebied word.
Beeld/Sapa