National
Eskom: Fase 2-beurtkrag in werking─── 16:56 Mon, 26 Jan 2015

Johannesburg - Intussen het die kragvoorsiener Eskom aangekondig dat beurtkrag om drie uur vanmiddag van fase een na fase twee sal beweeg.
Kragonderbrekings sal tot tienuur vanaand voorkom.
Fase 1-beurtkrag, wat vanoggend aangekondig is, maak voorsiening vir die besparing van 1 000 MW kragm, terwyl fase twee vir tot 2 000 MW krag voorsiening maak en fase 3 vir tot 4 000 MW krag.
Volgens Johannesburg City Power se woordvoerder, Sol Masolo, is die organisasie bloot ingelig om na fase 2 te beweeg.
Hy sê blykbaar is Eskom se bestuurders op die oomblik by 'n noodvergadering.
Eskom het vroeër vandag gesê die kragstelsel is onder geweldige druk weens onvoorsiene tegniese probleme by sy kragstasies.
Sapa