On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Thuli Madonsela se plek in Suid-Afrikaanse geskiedenis verseker

───   EARL COETZEE 13:48 Wed, 02 Nov 2016

Thuli Madonsela se plek in Suid-Afrikaanse geskiedenis verseker | News Article
Thuli Madonsela/Gallo

Bloemfontein - Die vrystelling van die staatskapingsverslag sal die naam van die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, in Suid-Afrikaanse geskiedenis vasmessel.


Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê vanmiddag se uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof, dat die verslag voor 17:00 vanmiddag bekend gemaak moet word, is 'n oorwinning vir die gereg in die land, en sal verseker dat Madonsela vir ewig onthou sal word as iemand wat verseker het wetlikheid in Suid-Afrika word beskerm. 

Venter glo dat ongeag wat in die verslag staan, dié oorwinning dalk die eerste note in die swanesang van president Jacob Zuma kan wees.

"Ek kan nie sien hoe hy hierdie ding vir 'n baie lang tydperk kan oorleef nie. Ek dink êrens moes hy die berekening gedoen het, die einde is nou naby. Dis nader as Desember. Dis nou amper presies 'n jaar gelede dat die ding begin skeefloop het met die aanstelling van Des van Rooyen. Toé al het ons voorspel dat die besluite wat President Zuma neem, nie volhoubaar is nie. Ek dink die verslag plaas nou die seël daarop."

OFM-nuus


Podcasts

Theo Venter:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.