National
Knysna-brande steeds buite beheer─── 10:12 Thu, 08 Jun 2017

Knysna - Terwyl brandbestryders vandag voortgaan om wegholveldbrande in Knysna te beveg, sê owerhede dat Bitou nou die nuutste hoërisiko-gebied is.
Geen massa-ontruiming is aangekondig nie, maar het tussen 8 000 en 10 000 Knysna-inwoners moes gisteraand hul wonings ontruim. Mense in Harkerville, 'n gedeelte van Kranshoek, die Peninsula-gebied, asook in Whale Rock word tans deur die brand bedreig.
Die woordvoerder van die Eden-distriksmunisipaliteit, Herman Pieters, sê inwoners in die Kwanokuthula-gebied is ook in gevaar. Pieters sê die Brackenridge en Schoongesigt-gebiede is reeds ontruim. Inwoners word met Go George-busse na veiligheid geneem.
Intussen is vyf ekstra busse ontplooi om reddingspanne, wat die Plettenbergbaai-gebied ontruim, by te staan.
Louise Karsten/OFM-nuus