On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

‘Belê liewer R1 miljard vir Tottenham Hotspur in SA óf opkomende toerismemarkte’ – NWU-prof

───   17:44 Thu, 02 Feb 2023

‘Belê liewer R1 miljard vir Tottenham Hotspur in SA óf opkomende toerismemarkte’ – NWU-prof | News Article
Prof. Peet van der Merwe van die NWU. Foto: NWU

’n Potchefstroomse toerismenavorser sê die R1 miljard waarmee die SA Toerismeraad die Engelse sokkkerklub Tottenham Hotspur vir drie jaar wil borg, kan veel beter belê word.

Prof. Peet van der Merwe van die navorsingseenheid die toerismenavorsingseenheid TREES aan die Noordwes-Universiteit meen daar is twee maniere waarop dié geld beter aangewend sou kon word. “Die eerste is: Ons kom nou net uit Covid. So wat van ondersteuning van die produkte wat ná Covid net weer aan die gang wil kom? En daarmee saam die ontwikkeling van klein nuwe besighede.

“Daar is soveel mense wat in die toerismebedrf is en sukkel en ons kan selfs nuwe ouens identifiseer wat die regering dan help om hulle besighede op die been te kry en te help met bemarking.”

Tweedens sou eerder na die reuse-toerismepotensiaal van China gekyk kon word nadat dit pas heropen het toe zero-Covid-beperkings opgehef is. “Hulle was nou vir twee, drie jaar in ’n grendelstaat. Vir seker is daar heelwat mense wat nou weer sal wil reis. Wat van ’n goeie bemarkingsinisiatief in China?”

Van der Merwe bevraagteken ook of dit raadsaam is om so ’n groot deel van die SA Toerismeraad se begroting in een land te bestee. “Wat van ons ander lande? En daar is heelwat opkomende markte ook, waar ’n mens dalk beter bemarking sou kon gedoen het. Die geld kon heelwat beter spandeer geword het as om net R1 miljard in een land te spandeer.”

Hy gee toe enige groot sportgebeutenis is iets wat altyd ’n land bemark en goeie opbrengs op ’n belegging lewer, maar hy meen dié reusebedrag kan beslis beter bestee word.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.