On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Beweerde korrupsie: Voormalige speaker op borgtog vrygelaat

───   14:41 Thu, 04 Apr 2024

Beweerde korrupsie: Voormalige speaker op borgtog vrygelaat | News Article
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering. Foto: X/SABC

“ ’n Tweede beskuldigde gaan in hegtenis geneem of voor die hof gebring word in dié saak.”

Die staat het borgtog van R50 000 toegestaan aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, in die beweerde korrupsiesage in die landdroshof in Pretoria. 

Die staat sê ’n tweede beskuldigde gaan in hegtenis geneem of voor die hof gebring word in dié saak, wat tot 4 Junie uitgestel is.

Mapisa-Nqakula het vroeg Donderdagoggend by die Lyttelton-polisiekantoor in Centurion opgedaag om haarself aan amptenare van die ondersoekdirektoraat oor te gee.

Sy het Woensdag (3/4) skielik bedank nadat sommige ANC-leiers haar aangemoedig het om dit te doen om die party die verleentheid te spaar met ’n hangende mosie van wantroue weens die beweerde korrupsiesage.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.