On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Ses verdagtes aangekeer ná moord op Kaizer Chiefs-sokkerspeler

───   KAREN VAN DER BERG 10:29 Wed, 10 Apr 2024

Ses verdagtes aangekeer ná moord op Kaizer Chiefs-sokkerspeler | News Article
Luke Fleurs. Foto: goal.com

“Fleurs is op 3 April by ’n vulstasie in Honeydew, Roodepoort, doodgeskiet.”

Gauteng se polisie het ses verdagtes in Slovoville, Soweto, in hegtenis geneem vir die beweerde kaping van en moord op die Kaizer Chiefs-sokkerspeler Luke Fleurs.

Fleurs (24) is op 3 April by ’n vulstasie in Honeydew, Roodepoort, doodgeskiet. Hy was omstreeks 20:30 in sy VW Golf 8 GTI waar hy vir ’n petroljoggie gewag het toe die rowers op hom toegesak het. 

‘Motor is ook gevind maar dit is reeds gestroop’

Die verdagtes is vroeg Woensdagoggend deur ’n span onder leiding van die polisie se misdaadintelligensie in hegtenis geneem, sê Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Fleurs se motor is ook gevind, maar dit is reeds gestroop. Die verdagtes sal Vrydag in die landdroshof in Roodepoort op aanklagte van moord en motorkaping verskyn.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.