National
Cope vra vir deeglike ondersoek na James Nkambule se dood─── 06:46 Mon, 18 Oct 2010

Cope het ‘n beroep op die polisie gedoen om die dood van die Mpumalanga politikus, James Nkambule, deeglik te ondersoek. Partywoordvoerder Philip Dexter sê die polisie moet behoorlik ondersoek instel en al die noodsaaklike hulpbronne gebruik om vas te stel of hy wel vermoor is. Dexter het bygevoeg dat Cope die ondersoek sal dophou om te verseker dat niks weggesteek word nie. Nkambule het verlede week by sy huis in Mjindini ineengestort en gesterf. Onlangse berigte ontbloot dat 'n private nadoodse ondersoek-verslag getoon het dat Nkambule vergiftig is. Nkambule was 'n omstrede politikus, wat daarvoor bekend was dat hy 'n plot ontbloot het om voormalige president Thabo Mbeki uit te werp.
Sapa